Button-Red

 

 

Waarom ’n Woordeboek?

Wel, dink daaroor. As ek vir jou sê “Dai mne etu knigu”, sal jy na my kyk en dink ‘huh????’

Sal jy my verstaan? Sal jy doen wat ek sê? Sal jy dit toepas? Ek twyfel.

En as ek aanhoudend vir jou herhaal “Dai mne etu knigu” “Dai mne etu knigu” “Dai mne etu knigu” “Dai mne etu knigu”, dink ek jy sal heel geïrriteerd raak met my. Sal jy nie?

Maar nou help ek jou en definieer elkeen van die woorde.

  • Heel eerste wil ek vir jou sê die taal wat ek gebruik het, is Russies.
  • Tweedens sal ek elke woord vir jou definieer.

Die eerste woord (Dai) beteken ‘gee’, die tweede woord (mne) beteken ‘vir my’, die derde woord (etu) beteken ‘hierdie’ en die vierde woord (knigu) beteken ‘boek’.

Nou kan jy verstaan wat ek vir jou gesê het – “Gee vir my hierdie boek”. Jy kan dan vir my die boek gee waarvoor ek gevra het.

Kom ons doen gou ’n oefening. Dit sal ’n bietjie verbeelding vra, maar ek is seker jy kan dit doen.

Kom ons begin:

Skep ’n prentjie van ’n huis in jou gedagtes.

Goed, bou nou ’n muur om die huis.

Stel jou nou ’n dub voor wat in die tuin gebou word.

Oeps, het jy jou prentjie verloor?

Dit klink eenvoudig genoeg. “As ek net geweet het wat ’n dub is, dan kon ek dit gebou het!”

 

Wel, as jy uitvind en verstaan dat ’n ‘dub’ net ’n Skotse woord is wat ‘dam’, soos in visdam, beteken, is die probleem opgelos en kan jy dit bou!

Dit is DIE KRAG VAN WOORDE! As jy die woorde van ’n taal verstaan, kan jy die taal praat. As jy die woorde van ’n vak, byvoorbeeld Wiskunde, verstaan, kan jy die vak verstaan, wiskundig dink en dit TOEPAS!

Dink nou hoeveel woorde jou kind elke dag in die klaskamer teëkom wat hy of sy nie verstaan nie of nie heeltemal verstaan nie, veral in die Wiskundeklas! Wat gebeur op daardie oomblik met hulle? Hulle aandag dwaal af en dan verloor hulle belangstelling in die vak en raak geïrriteerd (dalk soos jy toe ek in ’n vreemde taal met jou begin praat het). En die volgende ding wat jy by jou kind hoor, is: “Ek hou nie regtig van wiskunde nie.” Of nog erger: “Ek haat wiskunde!”

Maar as jou kind seker maak hy of sy verstaan regtig die wiskundige woorde (of terme), sal hulle wiskunde kan verstaan en toepas, en hierdie vak sal vir hulle interessant word.

En daar trek hulle – deur ’n Wiskundewoordeboek te gebruik slaag hulle matriek met vlieënde vaandels!

Button-Red

Hoe dit in die klas gebeur …

Comic-580

Dieselfde gebeur in die klas! As ’n leerder byvoorbeeld nie die woord ‘breuk’ verstaan nie, kan hy nie effektief met breuke werk nie!

Button-Red

Kom ons kyk na die kern van ’n probleem

In byna 100% van die gevalle is bevind dat die rede vir die kind se mislukking of probleme met Wiskunde die wiskundige terme is wat óf nie verstaan word nie óf nie heeltemal verstaan word nie.

’n Onderwyser kan jou kind met al meer data toegooi om hom/haar Wiskunde te probeer leer en baie huiswerk gee wat hom/haar ure kan neem om te doen. Jou kind kan ekstra klasse bywoon en al meer tyd en jou geld bestee wat vir iets anders gebruik kon word, maar as hulle nie die wiskundige terminologie verstaan nie, sal hulle nie ver kom wat die verstaan en bemeestering van Wiskunde betref nie. Vanselfsprekend is daar altyd hierdie idee om alles te memoriseer sonder om die vak te verstaan (ons noem dit papegaaiwerk) net om die eksamen te slaag. Maar dit is nie wat ons vir ons kinders wil hê nie. Ons wil hê dat hulle slim en suksesvol in die lewe moet wees, wil ons nie?

As jy net jou kind help om wiskundige terme te verstaan deur ’n effektiewe Wiskundewoordeboek te gebruik, sal hulle soveel beter vaar.

My Wiskunde-buddie is die presiese hulpmiddel wat jy nodig het om dit te doen!

Button-Red

Learners talking about My Maths Buddy

“My Maths Buddy helped me to improve my Maths results from 40% to 88% ...”

My Maths Buddy App

Get a FREE trial today!

Teachers talking about My Maths Buddy

“My Maths Buddy has helped me a lot in my classroom, because most of my learners marks have improved a lot...”

Official Schools Feedback

Letters from schools

Parents talking about My Maths Buddy

“What's nice about the book is its very easy to use, you can quickly reference something...and they (Des's kids) started working on their own and finding their own solutions to the problems that they had.”